Leer Ken Vir Dylan En Nina
Dylan & Janine
Wat was julle eerste indruk van mekaar?
Sy sê: “Joh!”
Hy sê: “Was ek stom geslaan. ”
Het nog nooit so mooi vrou in my lewe gesien nie.
Jy was lig en jou lag het die hele kamer vol getravel
Wanneer het julle besef julle is verlief?
Sy sê: “Na ons kaas-plaas date. Daai naweek toe ek jou mis, het ek geweet ek wil nie sonder jou wees nie.”
Hy sê: “Reeds die eerste dag toe ek by die huis stop en besef: ek wil liewer by jóú wees. Ek het nie meer tuis gevoel waar ek veronderstel was om te hoort nie.”
Wat laat julle veilig en tuis voel by mekaar?
Sy sê: “As ek voel ek is deel van jou lewe én jou familie — as ek weet ek hoort daar.”
Hy sê: “As ek voel jy wil by my wees. Jou lag en vriendelikheid laat my tuis voel.”
Wat beteken ‘ware liefde’ vir julle?
Sy sê:
- Om mekaar se beste vriend én veilige plek te wees.
- Passie én rus in mekaar se teenwoordigheid.
- Eerlikheid, selfs wanneer dit moeilik is.
- Om saam te groei en nie weg te hardloop wanneer dinge moeilik raak nie.
- Om mekaar se liefdestaal te leer.
- Om “tuis” te wees by iemand.
Hy sê: “Om heeltemal aanvaar te word met my goed én my sleg. Iemand wat altyd daar is. Iemand met wie ek alles kan deel… en waar my siel kan rus. My wegkruipplek wanneer lewe te veel raak.”
Julle droom vir die toekoms?
Sy sê: “’n Legacy. ’n Lang eettafel. Hope Kersfees-foto’s met matching hemde. En ’n huisie by die see.”
Hy sê: “’n Groot familie-besigheid. Om saam eiendom te koop. Om my lewe met jou te spandeer. En om die wêreld saam te sien.”
Waarvan hou Dylan en Nina?
Dylan se gunsteling ding is om te doen: Braai, golf speel, kitaar speel.
Nina se gunsteling ding om te doen: Kook, springclean, koffie dates.
Wat sou in julle geloftes wees?
Hy sê:
- “Ek sal jou altyd bystaan, ondersteun en jou besluite respekteer.”
- “Ek het jou onvoorwaardelik lief.”
- “Niks word van jou verwag nie — alles wat jy doen, is vir my ’n blessing.”
Sy sê:
- “Ek sal altyd lojaal wees.”
- “Ek sal jou en die kinders altyd kies.”
- “Ek sal altyd twee keer dink voordat ek praat.”
Wat laat julle se harte glimlag?
Sy sê: “As jy opgewonde raak oor my geskenke.”
Hy sê: “As jy my liefde en affection gee — want ek weet dis nie jou natuurlike manier nie.”
Hoe het julle liefde julle verander?
Sy sê: “Dit het my sagter gemaak.”
Hy sê: “Dit het my geleer wat regte lojaliteit is.”
As julle nou kon weggaan vir ’n naweek…
Sy sê: “Kaaaaap toe. Altyd.”
Hy sê: “Uiteraard die Kaap!”
Watter liedjie beskryf julle verhouding?
Albei: You’re Still The One
Byname wat niemand anders mag gebruik nie:
Sy sê: “My lief.”
Hy sê: “My hartjie varkie.”
Watter kos herinner aan mekaar?
Sy sê: “Braaivleis.”
Hy sê: “Oxtail en rooiwyn.”
As julle ’n fliek was…
Sy sê: “’n Romcom.”
Hy sê: “’n Romcom — maar ons lewe is soms ook ’n comedy-drama… met ’n bietjie action aan die begin!”
Wat is julle gunsteling ding om saam te doen?
Sy sê: “Cuddles en middag-slapies.”
Hy sê: “Oggend-koffies.”
’n Kosbare kinderherinnering:
Sy sê: “Kersfees en Paasfees saam al die niggies en nefies.”
Hy sê: “Braaie en house-parties by ons Sun Acres-huis.”